HANDLEIDING VIR DONATEURS EN SKENKERS
1. INLEIDING
Donateurs en skenkers van Nongqai trust het nog altyd ‘n oop hand gehad vir die trust en sy doeleindes, waarvoor die Trustee groot waardering het, en kon hulle in die verlede nie sodanige skenkings aftrek van hulle belasbare inkomste nie, en ook boonop die gevaar loop om in sekere omstandighede aangeslaan te word vir geskenkebelasting.
Met die registrasie van Nongqai Trust as ‘n Openbare Weldaad Organisasie (OWO) (Public Benefit Organisation) (PBO) en ‘n Nie Winsgewende Organisasie (NWO) (Non Profit Organisation) (NPO) onder Artikel 18A van die Inkomste belasting Wet, het die trust se situasie verander en is sodanige skenkings nie meer blootgestel aan geskenkebelasting of boedelbelasting nie, en kan skenkers selfs die skenking aftrek van hulle belasbare inkomste.
Dit beteken dat die skenker wat geld of goedere aan die trust skenk, met die bedoeling dat daardie bates of kontant gebruik vir die doeleindes waarvoor die trust gestig is, die skenker ‘n belastingkwitansie kan bekom wat gebruik kan word as ‘n aftrekking vir belasting in die betrokke jaar waarin die skenking gedoen word.
Die skenking hoef nie in kontant te wees nie, maar kan ook bates insluit.
2. KONTANTSKENKINGS
Kontantskenkings word by die tesourier inbetaal soos enige ander skenking en ‘n Artikel 18A kwitansie word daarvoor uitgereik.
Hierdie kwitansie moet die skenker by sy belastingopgawe aan die einde van die jaar aanheg, as bewys van die skenking, en sal sodanige skenking afgetrek kan word vir belastingdoeleindes.
3. SKENKINGS ANDERS AS KONTANT
'n Belastingpligtige mag eis vir 'n aftrekking vir donasies anders as kontant gemaak aan 'n Artikel 18A goedgekeurde fonds. Die bedrag van die aftrekking sal toegestaan word in die omstandighede waar die eiendom:

- Deel vorm van handelsvoorraad van die belastingpligtige, insluitende lewende hawe of varsprodukte van boere, die markwaarde van die handelsvoorraad.
- 'n Bate is wat gebruik word in sy beroep, die koste van die belastingpligtige minus enige toelaag (anders as 'n beleggingstoelaag) afgetrek van die inkomste van die belastingpligtige vir daardie bate.
- Nie handelsvoorraad of 'n bedryfsbate is nie, die koste van die belastingpligtige minus enige redelike depresiasie in die geval van agteruitgang van roerende eiendom.
- Gekoop, vervaardig, opgerig, versamel, geïnstalleer of gebou is, die koste van die belastingpligtige.
- Daar moet met omsigtigheid gekyk word na die waarde van die skenking waar dit plaasvind in die vorm anders as in kontant, en ‘n Artikel 18A kwitansie verlang word.
Daar moet met omsigtigheid gekyk word na die waarde van die skenking waar dit plaasvind in die vorm anders as in kontant, en ‘n Artikel 18A kwitansie verlang word.
Sodanige skenking moet aan die trustee voorgelê word vir goedkeuring sodat ‘n waarde daarop geplaas kan word in samewerking met die skenker.
Voorbeelde van sodanige skenkings sluit in die skenk van roerende bates bv. verf, skrootyster, skryfbehoeftes, materiaal om verblyf te verfraai, waaiers, rekenaars (hetsy nuut of tweedehands), rekenaarprogrammatuur, etes of landbouprodukte bv. eiers, melk, vaste bates soos grond en geboue, of selfs erflatings, ens.
Sorg moet egter gedra word dat die “waarde” van sodanige skenking, of die metode vir die berekening van die “waarde”, vooraf deur die trustee goedgekeur word, voordat die Artikel 18 A kwitansie uitgemaak word.
In sodanige geval sal die vaste - of roerende bate as ‘n bate in die rekeningkundige rekords van die trust verskyn, en reparasies bv. as ‘n uitgawe in die rekords getoon word.
In geval van klein aaneenlopende of voortdurende skenkings, sal slegs een kwitansie aan die einde van die finansiële jaar deur die trust uitgereik word.
Die onus vir die bewys van die skenking, sowel as die waarde daarvan (in samewerking met die trustee), berus by die skenker.
4. BETEKENIS VAN “WELSYN EN HUMANITÊRE DIENSTE EN GESONDHEIDSORG”
Nongqai Trust is geregistreer vir die lewering van Welsyn en Humanitêre Dienste en Gesondheidsorg. Die volledige lys weldaadsaktiwiteite, soos omskryf in Artikel 18A(1), kan hier besigtig word.
5. WAT KAN U AFTREK VIR BELASTING?
Indien ‘n maatskappy die skenking maak kan hy die skenking aftrek tot maksimum 10% van die maatskappy se belasbare inkomste, beperk tot die bedrag werklik geskenk.
In die geval van ‘n individu kan u ook die skenking aftrek tot maksimum 10% van u belasbare inkomste, beperk tot die bedrag werklik geskenk. Enige bedrag wat u nie in die betrokke jaar kan aftrek vir belasting nie, kan oorgedra word na die volgende belastingjaar.
6. AANWENDING VAN DIE FONDS
Die fonds moet aangewend word vir bestryding van uitgawes regstreeks aangegaan by die voorsiening van welsyn en humanitêre dienste en gesondheidsorg.
Dit verhinder egter geen skenker om die skenking vir ‘n spesifieke doel te maak nie, en te versoek dat die skenking vir daardie spesifieke doel aangewend moet word, op voorwaarde dat die aanwending in ooreenstemming is met die bepaling van die wet.

DEEL HIERDIE BLAD