Openbare Weldaadsaktiwiteite
Welsyn en Humanitêr en Gesondheidsorg soos omskryf in Artikel 18A(1).
1. Welsyn en Humanitêr
a)
|
Die sorg of berading van, of die voorsiening van opvoedingsprogramme met betrekking tot, verlate, mishandelde, verwaarloosde, wees- of hawelose kinders.
|
b)
|
Die sorg of berading van arm en behoeftige persone waar minstens 90 persent van daardie persone aan wie die sorg of berading voorsien word, bo die ouderdom van 60 is.
|
c)
|
Die sorg of berading van, of die voorsiening van opvoedingsprogramme met betrekking tot, fisies of geestelik mishandelde en getraumatiseerde persone.
|
d)
|
Die voorsiening van rampverligting.
|
e)
|
Die redding van of sorg aan persone in nood.
|
f)
|
Die voorsiening van armoedeverligting.
|
g)
|
Rehabilitatiewe sorg of berading of onderrig van gevangenes, voormalige gevangenes en veroordeelde misdadigers en verhoorafwagtende persone.
|
h)
|
Die rehabilitasie, sorg of berading van persone verslaaf aan ‘n gewoontevormende middel of die voorsiening van voorkomende en opvoedingsprogramme met betrekking tot verslawing aan gewoonte-vormende middels.
|
i)
|
Konflikbeslegting, die bevordering van versoening, wedersydse respek en verdraagsaamheid tussen die veskillende mense van Suid-Afrika.
|
j)
|
Die bevordering van voorspraak vir menseregte en demokrasie.
|
k)
|
Die beskerming van die veiligheid van die algemene publiek.
|
l)
|
Die bevordering of beskerming van gesinstabiliteit.
|
m)
|
Die voorsiening van regshulp aan arm en behoeftige persone.
|
n)
|
Die voorsiening van fasiliteite vir die beskerming en sorg van kinders onder skoolgande ouderdom van arm en behoeftige ouers.
|
o)
|
Die bevordering of beskerming van die regte en belange van, en die sorg van, asielsoekers en vlugtelinge.
|
p)
|
Gemeenskapsontwikkeling vir arm en behoeftige persone en teen-armoede inisiatiewe, waarby ingesluit:
i) die bevordering van gemeenskapsgebaseerde projekte met betrekking tot selfhelp, bemagtiging, uitbreiding van vermoëns, vaardigheidsontwikkeling of teen-armoede; ii) die voorsiening van opleiding, ondersteuning of bystand aan gemeenskapsgebaseerde projekte in item (i) bedoel; of iii) die voorsiening van opleiding, ondersteuning of bystand aan opkomende mikro-ondernemings om kapasiteit te verbeter ten einde besighede tot stand te bring en te bestuur, wat kan insluit die voorsiening van lenings op die voorwaardes wat die Minister by wyse van regulasie voorskryf. |
q)
|
Die bevordering van toegang tot media en ‘n vrye pers.
|
2. Gesondheidsorg
a)
|
Die voorsiening van gesondheidsorgdienste vir arm en behoeftige persone.
|
b)
|
Die sorg of berading van persone wat terminaal siek is of persone met ‘n ernstige fisiese of geestelike aantasting, insluitend die berading van hulle gesinne in die verband.
|
c)
|
Die voorkoming van MIV-infeksie of die voorsiening van voorkomende en opleidingsprogramme met betrekking tot MIV/VIGS.
|
d)
|
Die sorg, berading of behandeling van persone aangetas deur MIV/VIGS, insluitend die sorg of berading van hulle gesinne en afhanklikes in die verband.
|
e)
|
Die voorsiening van bloedoortappings-, orgaanskenkings- of soortgelyke dienste.
|
f)
|
Die voorsiening van primêre gesondheidsorgopvoeding, geslagsvoorligting of gesinsbeplanning.
|